Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Kansa Oudtshoorn-tak het die afgelope naweek 'n suksesvolle Shavathon en Relay for Life agter die rug.
Volgens Adri Odendaal, gemeenskapsmobiliseerder, het hulle Saterdagoggend begin met 'n Shavathon by Pick n Pay se parkeerarea en die WP-bloeddiens was ook teenwoordig. Die groot dag was egter Sondag se Shavathon.
Die Warlocks-motorfietsklub in Oudtshoorn het die Sondag gereël en ander klubs van die Suid-Kaap genooi.
Die motorfietsryers het 'n fantastiese bedrag van R10 000 ingesamel, wat daartoe gelei het dat Odendaal haar hare moes skeer.
"Die motorfietsryers het regtig baie moeite gedoen. Ons het van hulle se hare geskeer en ander se hare gespuit en hulle het 'n ruim skenking aan Kansa gemaak."
Fotogalery: Hare waai vir Cansa Shavathon
Volgens Odendaal het die eienaar van Smitswinkel ook gesê dat hy 'n gedeelte van die geld wat die motorfietsryers by die restaurant spandeer het aan Kansa sal skenk.
"Die Cansa Relay for Life wat Saterdagaand plaasgevind het, was nie soos wat ons daaraan gewoond is nie, maar sewe spanne het ingeskryf. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van almal wat deelgeneem het. Ons kon ook die eerbetoon aan die survivors en die versorgers doen. Spanne het nog tot 15 Maart om hulle video's en foto's van hul deelname in te stuur."
"Ons is dankbaar vir 'n suksesvolle naweek en bedank almal wat 'n bydrae gemaak het en deelgeneem het."
Een van die motorfietsryers wat Sondag aan die Shavathon deelgeneem het.
Deelnemers aan die Shavathon wat hulle hare laat spuit het.
Vorige artikel: Suksesvolle insamelingsnaweek vir Kansa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'