Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Kansa Oudtshoorn-tak het die afgelope naweek 'n suksesvolle Shavathon en Relay for Life agter die rug.
Volgens Adri Odendaal, gemeenskapsmobiliseerder, het hulle Saterdagoggend begin met 'n Shavathon by Pick n Pay se parkeerarea en die WP-bloeddiens was ook teenwoordig.
Die groot dag was egter Sondag se Shavathon.
Die Warlocks-motorfietsklub in Oudtshoorn het die Sondag gereël en ander klubs van die Suid-Kaap genooi. Die motorfietsryers het ‘n fantastiese bedrag van R10 000 ingesamel, wat daartoe gelei het dat Odendaal haar hare moes skeer.
Fotogalery: Hare waai vir Cansa Shavathon
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'