Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Studente van Suid-Kaap Kollege is tans besig met 'n protesoptog voor die kollege oor NSFAS-beursgelde wat nie uitbetaal aan nuwe studente nie.
Volgens die studente het hulle 'n massiewe probleem met behuising omdat hulle nie hulle huur kan betaal nie.
Van die studente het reeds hulle blykplekke verloor omdat hulle nie geld het om te betaal nie. Die studente vra dat iemand by die kollege met hulle praat om aan hulle te verduidelik wanneer hulle die geld kan kry.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'