Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Studentebetogings wat hierdie week by die Suid-Kaap se kampus in George begin het, het vandag oorgespoel na die Oudtshoorn-kampus waar ongeveer 700 studente geregistreer is.
Dit blyk dat studente ontsteld is omdat beursgelde vir akkommodasie en vervoer nog nie aan hulle uitbetaal is nie.
Die geld word deur die regering se beursfonds beskikbaar gemaak. Sover vasgestel kan word kan die geld eers uitbetaal word as die registrasieproses heeltemal afgehandel is.
Die kampushoof, Thabisa le Fleur het die studente probeer toespreek maar is telkens toegejou. Volgens die studente gaan hulle optrede ernstiger raak indien hulle nie vandag geld ontvang nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die protesoptrede het uitgebreek na 'n vergadering vanoggend waartydens studente hulle griewe gelug het.
Groepe ontstoke studente het asblikke in die gebou omgekeer en sakke tuinafval in die gange en ingangsportaal gestrooi.
Betogende studente voor die kollege.
Die kampushoof, Thabisa le Fleur probeer 'n spreekbeurt kry midde studente se luide eise.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'