Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ten spyte daarvan dat Johannes Weyers in ‘n tweevertrek sinkhuis woon en geen werkswinkel het nie, maak hy pragmeubels uit hout.
Weyers (47), sy vrou Jacqueline (39) en vier van hulle sewe kinders woon die afgelope twee jaar in ‘n tydelike huis in Rose Valley se deurgangskamp waar mense wag op permanente huise.
Hy het homself as meubelmaker bekwaam nadat hy as sewentienjarige seun vir sy oupa gehelp het met houtwerk. Hy sê hy het eers vir ses jaar in ‘n tydelike opslaanhut in Rose Valley gebly voordat hulle na die sogenaamde blinkhokke to verskuif is.
“Toe ek 19 was het ek my eerste meubelstuk gemaak. Dit was ‘n bedieningstafel van Imbuiahout vir landdros Boks. Van toe af maak ek meubels.”
Weyers het ‘n afdak langs sy sinkhuis gebou waar hy sy gereedskap en hout stoor.
“Ek het nie plek in die huis of onder die afdak om te werk nie, so ek dra elke oggend al my gereedskap en werksbank in die straat in om te werk. Ek sal graag ‘n werkswinkel iewers wil kry waar ek uit die weer uit kan werk,” het hy Dinsdagoggend gesê toe die Oudtshoorn Courant hom besoek het.
Kyk 'n video hieronder:
johannes Weyers se werkswinkel in die straat voor sy tydelike huis.
Johannes by sy werksbank met een van sy pragmeubels.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'