OUDTSHOORN NUUS - Die straatkomitee van Williamsstraat in Bridgton het vir die tweede agtereenvolgende jaar die senior burgers van die straat en die onmiddellike omgewing vir 'n heerlike Kersete laat aansit in die Bongolethu Thusong-sentrum.
By dieselfde geleentheid is hulde gebring aan die bejaardes van die omgewing wat die afgelope jaar oorlede is.
Onder die gaste wat die geleentheid bygewoon het was die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, rdh Colan Sylvester en die stasiekommissaris van die Oudtshoorn-polisie, brig. Lavona Januari.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'