OUDTSHOORN NUUS - Drie straatkinders wat vanoggend by die Queens Mall deur lede van die publiek aangekeer is, maar deur die polisie laat gaan is, het pas in Hoogstraat probeer om goed te steel.
Twee jong mans het vanoggend 'n vrou hoor gil en die drie seuns sien weghardloop. Die seuns het hulle naby die biblioteek in gehardloop en aan polisiebeamptes oorhandig wat toevallig op die toneel afgekom het.
Die polisie het die seuns dadelik laat gaan.
Twee van die Oudtshoorn Courant se joernaliste was ook toevallig op die toneel.
Die polisie wou egter geen verduideliking gee waarom die seuns laat gaan is nie.
'n Navraag is aan die polisie gestuur, maar voordat 'n antwoord ontvang is, het dieselfde seuns twee ure later in Hoogstraat probeer om inkopies te speel. Hulle het egter die goed laat val toe 'n motorwag hulle gejaag het.
Die motorwag het bevestig dat die kinders in Hoogstraat dieselfde kinders is wat die Oudtshoorn Courant vroeër die middag by Queens Mall afgeneem het.
Die motorwag het bevestig dat die kinders in Hoogstraat dieselfde kinders is wat die Oudtshoorn Courant vroeër die middag by Queens Mall afgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'