Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Brand wat die afgelope naweek op die stortingsterrein begin het, smeul steeds.
Die munisipaliteit het die afgelope naweek bevestig dat 'n kontrakteur wat die stortingsterrein gelykstoot die taak opgelê is om smeulende afval met grond toe te stoot.
Teen Maandag was die brand byna geblus, maar afval het intussen weer begin smeul.
Volgens die brandweer wat die situasie monitor, is dit nutteloos om die brand met water te probeer blus aangesien dit op plekke onder die grond smeul.
Volgens die munisipaliteit is die brand gestig deur mense wat rommel op die terrein herwin.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'