Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die sterk wind wat Oudtshoorn vanmiddag getref het, het verskeie groot bome omgeruk.
'n Pallisadeheining is ook by n hoërskool platgedruk toe 'n groot kennisgewingbord omewaai het.
By kliplokasie naby Volmoed het drie huise se dakke afgewaai en selfs 'n lamppaal is in die dorp omgeruk.
Kyk 'n video hieronder:
'n Bord wat in Baron van Reedestraat op die parkeerarea omgeval het.
Bome by Gottlandhuis, tehuis vir bejaardes, se takke het afgewaai.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'