Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die SWD-skeidsregtersvereniging en ander sportleiers is besig om in diepte na voorvalle van bakleiery tydens rugbywedstryde op skolevlak te kyk.
Dit volg nadat twee wedstryde die afgelope naweek as gevolg van bakleiery op die veld gestaak moes word.
Die twee rugbywedstryde het tydens Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Punt se interskole byeenkoms plaasgevind.
SWD-skeidsregters het die wedstryde wat voor die eindfluitjie beëindig is, hanteer.
Die gevoel uit verskeie oorde was dat die skeidsregters nie die spelers onder beheer kon hou nie.
Sommige toeskouers blameer weer die spelers en inmenging van die kantlyn af, waar toeskouers die seuns tot geweld sou aanpor.
Saterdag se twee voorvalle was tydens wedstryde van die o.15A en o.16A-spanne.
Gimmies se sportbestuurder, Theo Ferreira, het Maandag aan die Oudtshoorn Courant gesê: "Die voorvalle word intern deur die skool ondersoek en aangespreek."
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in môre se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'