Gasvrouens het elk 'n tafel gehad waar hulle hul eie gaste onthaal het en was self verantwoordelik vir die mooimaak van die tafels en heerlike eetgoed.
Mnr. Anthony Noble van George, onderwyser, skilder en pottebakker, het die vroue toegespreek.
Sy boodskap aan hulle was dat God eerder sy beskikbaarheid as sy vermoë gebruik om mense te help.
Hy het verder gesê dat hy sy talente as 'n gawe van God sien en dit so gebruik en dat vroue nie minderwaardig hoef te voel nie en ook hul talente moet gebruik.
Die inwoners van Eljada het ook 'n dansgroep gehad wat onder leiding van me. Retha Esterhuyse opgetree het. Me. Margaret Jansen was die wenner van die gelukstrekking.
Me. Wilma Lemmer, bestuurder van Eljada, bedank almal wat 'n bydrae tot die spesiale dag gemaak het.

Gasvrouens het elk 'n tafel gehad waar hulle hul eie gaste onthaal het.

Mnr. Anthony Noble van George was die gasspreker
ARTIKEL EN FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'