Update
OUDTSHOORN NUUS - Die kruis van 14 m op die Grootkop-heuwel (Spekkop) naby Oudtshoorn-gevangenis is Paasnaweek, 6 April, aangeskakel.
Ranger Grebe, visiedraer van iSurrender, het in samewerking met AGS Oudtshoorn-gemeente en die ondersteuning van 'n klein groepie besigheidseienaars, vier jaar aan die oprig van hierdie kruis beplan.
Inwoners en besoekers het die geleentheid bygewoon. Almal het saam lofprysing en nagmaal gehou en vir die dorp gebid.
Die kruis is teen sononder aangeskakel en vertel Grebe dat dit selfs tydens beurtkrag sal skyn.
"Die aanskakeling van die kruis se ligte is 'n teken dat Jesus die dood oorwin het. Die kruis simboliseer dat ons Jesus nodig het om die donker uitdagende tye te oorkom, Jesus is die enigste antwoord vir Oudtshoorn" vertel Grebe. Hy haal die volgende Bybelvers, Johannes 8:12 aan, "En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: "Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê."
Vorige artikels: