Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Jesus-padblokade word tans buite Oudtshoorn voor die Mosselbaai-afdraaipad gehou.
Die Spiritial Crime Intervention-span in samewerking met Oudtshoorn-polisie, Oudtshoorn-infanterieskool, korrektiewe dienste, Oudtshoorn- verkeer, Ranger Grebe en verskeie geloofsleiers deel pakkies met 'n Nuwe Testament Bybel, Nuwe Testament laserskyf klank-Bybel en pamflette, wat die betekenis van Paasnaweek verduidelik, uit.
Hulle verwelkom alle vakansiegangers wat die pad na Oudtshoorn gebruik, en herinner hulle aan die Paasnaweek-boodskap.
Volgens Grebe is hierdie die eerste padblokade van sy soort wat in Oudtshoorn se geskiedenis gehou word.
VIDEO - Jesus-padblokkade buite Oudtshoorn:
Druk op die HeartBeat FM skakel, om deel van die direkte uitsending om 18:00 te wees wanneer die kruis se beligting aangeskakel gaan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’