OUDTSHOORN NUUS - Die Polisiehoogte-sopkombuis en -nasorgsentrum in Oudtshoorn het Vrouedag met sport, lekker musiek en heerlike potjiekos gevier.
Die netbalspanne van die Infanterieskool en Dreamers het vir aanskoulike netbal gesorg en die toeskouers op hul voete gehou terwyl die deelnemers aan die dominokompetisie mekaar behoorlik opgedreun het.
Rene Booysen van Eden-netbal, het die oorhandiging van die trofee geborg deur die department sport en kultuur, oorhandig. Dreamers se A- en B-span was die wenners met die Infanterieskool as naaswenners.
Die bekende gospelsangeres van Oudtshoorn, Lizelle van Hansen het die vroue bemoedig met 'n boodskap uit
Ester 4:14 en ook die vroue toegesing.
Seroux het sy dank uitgespreek teenoor almal wat die dag moontlik gemaak het.
Belangstellendes of besighede wat by die sopkombuis en nasorgsentrum betrokke wil raak kan Seroux by 079 987 9486 skakel.
Phillip Seroux (links) en Rene Booysen van Eden-netbal (regs) saam met die span van die Infanterieskool. Foto's: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’