CALITZDORP NUUS - De Krans gaan weer die somer 'n miernes van bedrywighede wees en dit begin reeds Vrydag.
Besoekers kan vanaf Vrydag 18 November tot 4 Desember heerlike Bulida-appelkose teen R9 per kg op De Krans gaan pluk.
Dit is 'n jaarlikse instelling wat elke jaar deur oud en jonk ondersteun word.
Vanaf 16 tot 24 Desember word Oom Sarel-perskes gepluk teen R10 'n kg en vanaf 1 tot 20 Februarie kan besoekers Hanepoot-druiwe gaan pluk.
Besoekers kan hulle eie mandjie, boks, sak of verkoelboks neem of selfs 'n boks by De Krans koop.
Die De Krans Bistro en Deli sal ook oop wees en gaste kan 'n heerlike ontbyt of middagete saam met een van hul top wyne geniet.
Daar is ook meer as genoeg vermaak vir die kinders met die groot skaakbord en speelterrein.
Die plukseisoen is oop vanaf 08:00 tot 16:00, die Bistro is oop van 09:00 tot 16:30 en die wynproesessies is vanaf 09:00 tot 16:30.
Vir meer inligting besoek gerus hul webtuiste by www.dekrans.co.za of stuur 'n e-pos aan dekrans@mweb.co.za of skakel hulle by 044 213 3314.
Anlia Nell het dit vreeslik geniet om die appelkose te pluk.
Oud en jonk word uitgenooi om appelkose by De Krans te pluk.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'