Update
OUDTSHOORN NUUS - Die nuwe maandelikse handwerkmark wat op die grasperk langs die CP Nel Museum aangebied word, is reeds gewild onder inwoners.
Stalletjiehouers wat by die vorige mark in Augustus uitgestal het, is dit eens dat die publiek die mark reeds raakgesien het en goed ondersteun.
Die mark is 'n inisiatief van 'n inwoner wat dit met die goedkeuring en samewerking van die munisipaliteit aanbied om intrepeneurskap te bevorder.
Enige persoon wat self produkte vervaardig en dit van die huis af bemark, kan by die mark uitstal.
Daar is tans ongeveer 30 uitstallers op 'n databsis waarvan 18 verlede maand uitgestal het.
Die volgende mark vind volgende Saterdag, 30 September plaas.
Nuwe uitstallers moet vooraf 'n stalletjie bespreek en goedgekeur word ten opsigte van produkte wat uitgestal word.
Vir navrae skakel 083 467 1522.
Lees 'n vorige artikel: Maandelikse snuffelmark goed ondersteun
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'