OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die nuwe maandelikse handwerkmark wat op die grasperk langs die CP Nel Museum aangebied word, is reeds gewild onder inwoners.
Stalletjiehouers wat by die vorige mark in Augustus uitgestal het, is dit eens dat die publiek die mark reeds raakgesien het en goed ondersteun.
Die mark is 'n inisiatief van 'n inwoner wat dit met die goedkeuring en samewerking van die munisipaliteit aanbied om intrepeneurskap te bevorder.
Enige persoon wat self produkte vervaardig en dit van die huis af bemark, kan by die mark uitstal.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'