Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het vandag by die huis aangedoen van die oupa en ouma en drie kleindogters wat gister in 'n ongeluk op die George-pad betrokke was.
Die oupa was die bestuurder van 'n Chev-bakkie toe dit die pad verlaat en gerol het.
Volgens 'n familielid was die oupa oornag in die hospitaal en is hy vanoggend ontslaan.
Een van die dogtertjies het verskeie steke vir snywonde ontvang. Haar twee sussies en hulle ouma is ongedeerd.
'n Egpaar wat agter die bakkie gery het, het hulp verleen totdat nooddienstewerkers opgedaag het.
Vorige artikel: Drie dogtertjies lig beseer toe bakkie rol
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'