Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Drie dogtertjies is lig beseer toe die Chev bakkie waarin hulle passasiers was die pad verlaat en gerol het.
Hulle oupa en ouma wat in die bakkie was is nie beseer nie.
Volgens die Ewerts-egpaar wat agter die bakkie gery het, het die bakkie die pad verlaat, teruggeswenk tot op die teer en toe weer die pad verlaat en gerol.
Hulle het die drie dogtertjies wat in die kappie agterop die bakkie was, tussen die bosse gekry en hulle na veiligheid gebring voordat hulle die kinders se oupa en ouma wat voor in die bakkie was uitgehelp het.
Volgens die oupa het hy skielik duiselig geraak en beheer oor die bakkie verloor.
Kyk 'n video hieronder:
Persoonlike besittings wat deur die polisie op die toneel bymekaargemaak is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'