Update
CALITZDORP NUUSFLITS - Kaptein Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaapse polisie het vanoggend die identiteit bevestig van die drie mense wat Donderdagmiddag, 11 Januarie, in ‘n botsing buite Calitzdorp dood is.
Die oorledenes was Estelle September (34), haar seun Dayle Adams (10) en haar stief-seun Gary September (8).
Die elf-jarige Donlin Kennell was ook ‘n insittende en is beseer.
Die ongeluk het sowat drie kilometer van die Calitzdorp warmwaterbron gebeur toe die bakkie waarin die slagoffers was op ‘n draai die pad verlaat het en verskeie kere gerol het.
Die 33-jarige bestuurder van die bakkie het beserings opgedoen.
Volgens Pojie word ‘n klag van strafbare manslag deur die Calitzdorp polisie ondersoek.
Lees 'n verwante artikel: 2 Kinders en vrou sterf in ongeluk
Die bestuurder van die bakkie is op die toneel behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'