CALITZDORP NUUS - Twee kinders en 'n vrou het sowat 'n uur gelede gesterf in 'n botsing naby die Calitzdorp Spa.
Dit blyk dat die bakkie waarin die oorledenes en nog 'n kind en 'n man was op 'n draai die pad verlaat en gerol het.
Die bestuurder is per ambulans onder polisiebewaking hospitaal toe geneem vir bloedtoetse.
Die kind wat oorleef het, word tans op die toneel deur paramedici behandel.
Dit is onduidelik of die slagoffers almal deel van een gesin was.
Hulle kom van Ladismith af.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
ARTIKEL & FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'