KLEIN KAROO NUUS - Die term "tuisonderrig" het skielik vir elke ouer in die land 'n realiteit geword. Elke skoolleerder in die land is tans by die huis en moet op een of ander manier probeer om tred te hou met skoolwerk.
Skole sou vanaf 20 Maart tot 31 Maart gesluit wees, maar is as gevolg van die koronavirus reeds op 19 Maart gesluit en is sedertdien steeds toe.
Volgens enkele ouers met wie die Oudtshoorn Courant gepraat het, blyk dat skole op verskillende wyses tuisopdragte aan leerders stuur.
Veral leerders wat tans in matriek is, is aangewese op aanlynstudiemateriaal wat deur die onderskeie onderwysdepartemente beskikbaar gestel word.
Dit is egter nie slegs onderrig wat tans skipbreuk lei nie, aangesien daar derduisende kinders landwyd is wat ook by voedingskemas by skole betrokke is.
Met skole wat gesluit is, het hierdie kinders nie tans toegang tot etes nie.
Dit is nog nie bekend wat die regering se besluit oor skole sal wees nadat die spertyd vir die inperkingstyd op 16 April aanbreek nie.
Scarlet en Rileigh (6) kinders van Maurice en Kaelyn Wicomb, en albei leerders van Principia, is daagliks besig met takies wat hul skool vir hulle met die Covid-19 inperking aanstuur. Hulle jongste opdrag was om Paashasies te knip op die vooraand van Paasfees. Foto's: Garnett Wicomb
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'