OUDTSHOORN NUUS - Vir die eerste keer sedert die inperking kan Kansa op Saterdag 1 Augustus ‘n Cuppa for Cansa aanbied.
Met ‘n beperking van slegs 40 plekke om by inperkingsregulasies te bly, moet kaartjies vinnig bespreek word.
Die tema is “Sit jou beste hoed op” en Hannes Visser gaan gesels oor lewensstories en sy gedigte in hierdie vreemde tyd van Covid.
Vir slegs R120 dra jy nie net by tot Cansa se broodnodige dienste nie, maar kan jy ook ‘n ontspanne oggend met iets te ete geniet.
“Sit jou beste hoed op” begin Saterdag 1 Augustus by The Waffle Bubble, Baron van Reedestrat 35. Vat jou hoed en jou masker en kom neem jou plek in.
Kontak Jolanda de la Hunt by 082 803 8580 of Adri Odendaal by 072 133 0444 om jou plek te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'