OUDTSHOORN NUUS - Die Show en Shine-motorskou wat Saterdagmiddag by die Bridgton Auto Spares & Accessories-besigheidsperseel gehou is, het die koppe laat draai.
Sowat 50 blink gemodifiseerde motors van oor die Wes-Kaap het opgedaag om aan dié motorskou, wat deur die Stance Family-span aangebied is, te kom deelneem.
Volgens een van die organiseerders Ruben Linters, is die doel van die motorskou om die jeug van die strate af te hou en om hulle sodoende te motiveer om hard te werk sodat hulle ook eendag suksesvol kan wees.
Een van die kategorieë wat veral aandag getrek het was die lower olympics-afdeling waar die wenners verskeie pryse ontvang het.
Toeskouers kon ook heerlike gebraaide worsrolletjies en motortoebehore gedurende die motorskou koop.
Motors van oor die Suid-Kaap het opgedaag om aan die Show en Shine -motorskou deel te neem. Foto: Wyndham Ewerts
Ruben Linters en lede van die Stance Family-span besig om wors te braai.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'