OUDTSHOORN NUUS - Polisieduikers is vroeër vanmiddag ontplooi ná 'n 15-jarige seun glo omstreeks 14:00 in die Kammanassierivier in die Rooiheuwel-omgewing buite Oudtshoorn verdrink het.
Volgens voorlopige inligting het die seun saam met sy ouers geswem toe die voorval plaasgevind het.
Verdere inligting sal volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'