Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Seun van 14 is net voor 17:00 vanmiddag dood toe hy op die N12 buite Oudtshoorn deur 'n VW Polo getref is.
'n Mediese suster wat agter die Polo gery het was dadelik by die seun, maar sy kon geen polsslag vind nie.
'n Werknemer van Oudtshoorn Courant wat op die toneel afgekom het, het die nooddienste ontbied. Die oorledene se ma en pa was binne minute ook op die toneel.
Volgens 'n ooggetuie het 'n groep kinders heen en weer oor die pad gehardloop toe die seun glo omgedraai het en voor die aankomende kar ingehardliop het.
Die seuns woon in Rose Valley wat langs die N12 geleë is.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'