OUDTSHOORN NUUS - 'n Sewejarige seun, Jeandrè Kammies, is vanoggend dood toe 'n motorvoertuig hom in Dassieweg (voor die departement van binnelandse sake se kantore) raakgery het.
Sy pa, Jaques Stanley het op die toneel aan die Oudtshoorn Courant gesê dat sy seun op pad winkel toe was.
Volgens omstanders het die bestuurder van die toneel weggejaag.
Die polisie en patologiese dienste is tans op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'