OUDTSHOORN NUUS - Ses junior tennisspelers van Oudtshoorn het tydens die onlangse Eden minitennis-toernooi in George goed gevaar en hul onderskeie eindstryde gehaal.
Nikita Stander was die naaswenner vir meisies o. 12, Isabella Bekker die naaswenner vir meisies o. 10, Christiaan Marincowitz die naaswenner vir seuns o. 10, Zerwich Westraad die naaswenner vir seuns o. 16, Fourie Delport naaswenner vir seuns o. 12 en saam met sy maat, wenners in die dubbels vir seuns.
Franco van Rensburg en sy maat was die naaswenners in die dubbelspel vir seuns o. 12.
Dié ses spelers word deur Pieter van der Walt, Christine van Coller en JK Koch afgerig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’