OUDTSHOORN NUUS - Willem en Corné Serfontein (3:26) was Sondag 11 Maart die eerste Oudtshoorniete wat met 'n tandem oor die eindstreep van die Cape Town Cycle Tour gejaag het.
John en Elbé Kruyt het die strawwe ren in 6:53 op hul tandem klaargemaak.
Nog twee ander ryers, Corné Nel (2:53) en Philip la Grange (2:57) het daarin geslaag om dit onder drie ure te voltooi.
Ander uitslae: (Nie met vorige uitgawe ontvang)
- Johan Griffioen (3:03)
- Thinus Eloff (3:03)
- Hans-Willem Moolman (3:42)
- Stefaan Verlinde (4:21)
- Dr. Jannie du Toit (4 :23)
- Vaughn Shone (6:31)
- Hannelie Krige (6:31)
- Ferdie Shreck (6:32)
- Estian Stander (6:32)
- Leré Stander (6:32)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'