OUDTSHOORN NUUS - Die TS Attequa-seekadette hou op 11 Mei 'n opedag by Bridgton Sekondêr en nooi almal wat belangstel na die geleentheid uit.
Die ope dag begin om 09:00.
Juwayriah (Angel) Syster, 'n offisier van die seekadette, sê dié eenheid is in 2017 in Oudtshoorn gevestig om die groeiende behoeftes van jeug in die area aan te spreek.
"Ons hoop is om uitdagings soos tienerswangerskappe, werkloosheid en drank- en dwelmmisbruik onder ons jong mense help hokslaan.
Na twee jaar se verskeie leierskampe, seevaartopleiding, burgerskap, basiese seemanskap, kommunikasie, navigasie-opleiding, dissipline en seremonies wat al aangebied is, kan daar 'n merkbare verskil in die kadette gesien word," het sy gesê.
Volgens haar vorm die ope dag ook deel van 'n kamp waarop die kadette van 10 tot 12 Mei gaan.
"Ons wil almal nooi na die ope dag sodat hulle kan sien watter verskil die eenheid aan die kinders betrokke kan maak."
Vir meer inligting skakel Syster by 084 995 6847 of 062 432 5165.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'