Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Oudtshoorn Courant het vroeër vandag video's op sosiale media geplaas, nadat die vakbond SAMWU blykbaar 'n raadsvergadering op Oudtshoorn ontwrig het en geweier het dat raadslede die raadsaal verlaat.
SAMWU, die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkers-unie, het nie vandag (22 September) se raadsvergadering op Oudtshoorn ontwrig nie, sê die unie se sekretaris Amy Sylvester.
"Ons het 'n vergadering gehad waar ons lede ons 'n mandaat gegee het om 'n memorandum te gaan oorhandig aan die burgemeester oor die baie verkeerde goed wat binne die administrasie aan die gang is," het Sylvester gesê.
Volgens haar was die raadsvergadering die mees toepaslike plek om hierdie memorandum te oorhandig. "Ons is siek en sat daarvoor om stil te bly oor alles. Ons moes dit in die raadsvergadering doen sodat die hele raad kan sien wat eintlik aangaan."
Die memorandum bevat vele punte, onder meer kwessies oor beweerde onwettige aanstellings, inmenging met administrasie en die toestand van munisipale geboue en beroepsgesondheid en -veiligheid.
Die ANC, OGI, PA en Advieskantoor het SAMWU se oogpunt na die tyd ondersteun, alhoewel die partye dit duidelik gemaak het dat hulle nie deel was van die insident nie.
Navrae rakende die voorval is aan die munisipaliteit en burgemeesterskantoor gestuur.
Lees die volle storie in die volgende uitgawe van Oudtshoorn Courant.
VIDEO'S - Stefan Goosen, Oudtshoorn Courant:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’