OUDTSHOORN NUUS - Leerders van Sacred Heart Primêr het op 26 November met groot opwinding hul vlaggies geswaai toe die nuwe embleem vir die 2023-eeufeesviering onthul is.
Die geleentheid was die bekendstelling van hulle eeufees wat volgende jaar in Januarie begin tot aanloop van die groot dag op 23 Julie 2023.
FOTOGALERY: Groot opwinding vir Sacred Heart Primêr
Die skool se eerste gebou was 'n riethuisgebou met 'n gestampde vloer van klei. Ses Katolieke susters uit Duitsland het die skooltjie op 1 Junie 1923 met 11 leerders geopen en binne twee dae tot 100 leerders van alle ouderdomme gegroei. Vandag ontvang 1 100 leerders van graad een tot sewe onderrig by die skool.
Hulle was die afgelope twee jaar deel van die Presidential Youth Education Initiative, waarvolgens 16 onderwyser-assistente en sewe algemene-assistente by die skool in diens geneem is.
Eeufeesprogram – 2023
- Valentynsdans - 17 Februarie
- Mnr. en Mej. Eeufees Junior - 8 Maart
- Mnr. en Mej. Eeufees Senior - 9 Maart
- Opelug sang-vermaak - 22 April
- Potte wat prut - 3 Junie
- Vier verjaardag saam met leerders - 18 tot 21 Julie
- Eeufees-dinee - 22 Julie Kerkdiens
- Skool se verjaarsdag - 23 Julie
- Borgefunksie - 27 Julie
Na die onthulling van die embleem het leerders en onderwysers ballonne in die lug gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'