Update
OUDTSHOORN NUUS - Die twee senior weermagoffisiere wat teregstaan op aanklagte dat hulle die Oudtshoorn-polisiestasie wou opblaas en die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder het, het Maandagoggend in die Oudtshoorn-streekhof uiteindelik nuwe verhoordatums gekry.
Die saak was al in 'n gevorderde stadium van verhoor toe streeklanddros Mark van Wyngaardt, in November verlede jaar oorlede is en dit daarna as nuwe saak op die hofrol geplaas.
Die saak is vanjaar by verskeie geleenthede uitgestel weens, onder andere, vertoë wat die twee tot die staat gerig het.
Brig.genl. Xolani Mankayi en kol. Nkhabu Nthejane, albei voormalige bevelvoerders van die Infanterieskool op Oudtshoorn, het na bewering in Mei 2016 soldate in gepantserde voertuie na die Oudtshoorn-polisiestasie laat opruk en glo gedreig om die stasie op te blaas indien sowat 35 soldate wat by 'n kuierplek in Bongolethu in hegtenis geneem is, nie onmiddellik vrygelaat word nie.
Streeklanddros Retha Pretorius het die saak Maandag vir 'n week se verhoor, van 8 tot 12 April 2019, uitgestel.
Kol. Nkhabu Nthejane
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'