OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n dokter wat voorheen aan die Infanterieskool op Oudtshoorn verbonde was en teregstaan op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding van twee vroulike rekrute is, Maandag in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak tot volgende maand uitgestel.
Die 35-jarige Denzil King van die Paarl, wat onskuldig pleit, het glo by drie geleenthede die vroue, van onderskeidelik 21 en 22 jaar oud, in sy spreekkamer betas nadat hy die deure gesluit het.
Vertoë wat tot die direkteur van vervolging gerig is, was onsuksesvol asook 'n aansoek om ontslag.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak na die slotbetoë van die staat en die verdediging vir uitspraak tot 6 Februarie uitgestel en King se borgtog van R5 000 tot dan verleng.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'