OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Rosebank op Oudtshoorn, wat van verkragting aangekla is, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof van die hofrol verwyder omdat die klaer weer nie by die hof opgedaag het nie.
Cindy Murray-Smith, die regsverteenwoordiger van die 38-jarige beskuldigde, het die hof gevra om die staat se versoek vir verdere uitstel te weier omdat dit in belang van geregtigheid is dat die saak so spoedig moontlik afgehandel word.
Die saak is al meer as een keer finaal uitgestel vir verhoor. Volgens streeklanddros Daniel Boks, is dit duidelik dat die klaer onwillig is om met die saak voort te gaan.
"Die beskuldigde is reeds lank in aanhouding en geregtig op 'n spoedige verhoor," het die landdros gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'