Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Bridgton wat glo met 'n ongelisensieerde pistool op mense losgebrand en 'n 22-jarige vrou getref het, is Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof vir die samestelling van 'n borgtogprofiel en borgtogaansoek tot volgende week uitgestel.
Die 22-jarige Henrico Arends en 'n minderjarige seun (15) wat in die sorg van sy ouers geplaas is, word van poging tot moord aangekla.
Die 23-jarige Angelique Manuel is tydens die skietery in Dassieweg in die been getref.
Landdros Roelf Konstabel het die saak vir 'n borgtogprofiel van Arends en moontlike borgtog-aansoek tot 23 Augustus uitgestel.
Lees 'n vorige artikel: Skieter brand los, wond vrou
ARTIKEL: GARNETT WICOMB
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'