CALITZDORP NUUS - Dit is alombekend dat Calitzdorp die porthoofstad van die land is.
Dit is pas weer bevestig toe Boplaas-landgoed se Cape Vintage Reserve Port 2017 aangewys is as die beste in Suid-Afrika.
Die toekenning is tydens vanjaar se National Wine Championship ontvang. Dit is ook as die beste gefortifiseerde wyn in die land aangewys.
'n Tweede eer het Boplaas toegekom toe die kelder se 2019 Touriga Nacional ook as die land se beste Touriga aangewys is. Nog drie van Boplaas se wyne was in die Top-100-wyne wat tydens die kampioenskap aangewys is. Boplaas se Gamka Rooi-versnit en hulle Cape Vintage Reserve 2019 het met dubbel-goue medaljes weggestap.
Margaux Nel, Boplaas se wynmaker het haar meestersverhandeling vir haar M.Sc-graad op Touriga Nacional gedoen en Boplaas se ander Portugese wyne soos die Tinta Barocca het ook reeds verskeie toekennings ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'