TUINROETE NUUS - Motoriste wat die Outeniquapas gebruik word gemaan om versigtig te bestuur.
'n Stop en ry stelsel is in plek nadat 'n ongeluk 'n rukkie gelede in die pas plaasgevind het, Sondag 16 Januarie.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê 'n swaarvragmotor het geknipmens en 'n motorvoertuig het na bewering in die vragmotor vasgery. Eerste aanduidings is dat die insittendes ligte beserings opgedoen het.
Die voorval het om 11:30 plaasgevind en dit word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'