OUDTSHOORN NUUS - Lede van die nuutgestigde ROAR (Ruk Oudtshoorn Administrasie Reg) hou tans 'n plakkaatbetoging voor Oudtshoorn-munisipaliteit.
Volgens ROAR se voorsitter, Willie Coetzee is hulle 'n nie-politiese groep wat mense mobiliseer om die dienslewering van die munisipaliteit reg te ruk. "Ons dorp is oorgelewer aan amptenare van buite die dorp wat politiese aanstellings is en die raadslede kan nie funksioneer nie. Dit is nie demokrasie nie."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'