Update
OUDTSHOORN NUUS - Daar word drie dienste vir die ontslape Sydwell Muller, die All Blacks-rugbyspeler wat Saterdag aan ‘n hartaanval oorlede is beplan.
Volgens sy broer, Rodney Gelant, is die eerste troosdiens vanaand, 18 Oktober om 18:00 by die VGK in 7de Laan Bridgton.
Dit sal ook op Facebook gebeeldsend word. Volg die skakel hier.
Donderdag om 17:00 sal daar 'n verbyrit by Muller se huis in Prinsstraat, Bridgton, Oudtshoorn wees. Voertuie gaan op die hoek van Rossouw- en Berginstraat bymekaarkom.
Saterdag se roudiens begin 11:00 by die huis in Prinsstraat en die roudiens is om 12:00 by die VGK.
Vorige artikel: All Blacks-speler sterf aan hartaanval
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’