OUDTSHOORN NUUS - 'n Roudiens word môreaand (24 Julie) vir Chandré Nortje (18), die derde slagoffer van die ongeluk wat op die De Rust-pad plaasgevind het, gehou.
Die diens is om 19:00 by die VGK-kerk in Bridgton.
Nortje was saam met vier van sy vriende in 'n Volkwagen Golf toe die voertuig Saterdag 13 Julie met 'n betonmuur wat langs die pad was gebots het. Hulle was van Dysselsdorp af onderweg na Oudtshoorn.
Bertrum Michaels en Jacklin Prinsloo is opslag dood. Nortje het ses dae later in die George-hospitaal aan sy beserings beswyk. Xavier Arendse en Cassius Ewerts is steeds in die George-hospitaal.
Nortje se ma, Charleen, sê hy was 'n stil seun wat respek vir sy vriende en familie gehad het.
"Die huis is stil en ek mis my kind vreeslik baie, maar ek is vir niemand kwaad nie. Ons kan nie met God se planne inmeng nie en om kwaad rond te loop gaan hom defnitief nie terugbring nie."
Chandré word Saterdag om 11:00 uit die VGK-kerk in Bridgton begrawe. Dit sal vooraf gegaan word deur 'n diens by die huis om 10:00 by Carolusstraat 13.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
Lees 'n vorige berig: Derde ongelukslagoffer sterf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'