Update
OUDTSHOORN NUUS - Chandré Nortje, die 18-jarige wat ook Saterdagoggend in die ongeluk op die De Rust-pad was, het gisteraand aan sy beserings in die George-hospitaal beswyk.
Sy tannie, Valencia Meyer, sê hy is vir veelvuldige beserings behandel.
"Hy het beserings aan sy niere, longe en lewer opgedoen. Daar was ook breinbeserings en sy been was gebreek. Ons kind het baie seergekry."
Sy het vanoggend gesê dat 'n nadoodse ondersoek vanmiddag gedoen sal word om die presiese oorsaak van dood vas te stel.
Lees 'n vorige artikel: Twee sterf, een kritiek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'