Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Meer as 400 inwoners van Rosebank in Oudtshoorn het die afgelope week ‘n petisie onderteken om aan te dring dat hulle strate geteer of plavei word.
Volgens Frank en Ronell Fransen wat die inwoners verteenwoordig, is gedeeltes van Rosebank reeds 20 jaar oud, maar daar is nog steeds net grondstrate wat in modderbaddens verander as dit reën,
Hulle sê hulle verstaan nie dat die nuwe uitbreiding, Rose Valley, langs Rosebank dadelik van geplaveide strate voorsien is nie.
Volgens die Fransens is hulle volgende stap om ‘n afspraak met die burgemeester en raadslede aan te vra om dan tydens ‘n wettige byeenkoms voor die munisipaliteit, die petisie aan die burgemeester te oorhandig.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'