Volgens die verkeershoof, Thembuxolo Tyatya gaan die kantore vandag gesluit wees, maar alle afdeings sal more oop wees om afsprake wat vandag nie nagekom kon word nie te akkommodeer.
Amptelike inligting is nog nie vanaf die SAPD ontvang nie, maar op hierdie stadium blyk dit dat ‘n werknemer vroeg vanoggend geld wat gister ingeneem is getel het om dit vandag te bank toe die rower by ‘n agterdeur ingekom het en die werknemer met ‘n mes gedreig het.
Toe die Oudtshoorn Courant vanoggend op die toneel was, was die gebou nog afgesper en speurders was besig om vingerafdrukke te neem. Volgens Tyatya is niemand beseer nie maar dit wil voorkom asof die werknemer met die rower gestoei het. Daar was slegs twee werknemers in die gebou tydens die roof.
Persone wat navrae wil rig ten opsigte van afsprake, kan die munisipaliteit by 044 203 3000 skakel.

Amptelike inligting is nog nie vanaf die SAPD ontvang nie, maar op hierdie stadium blyk dit dat ‘n werknemer vroeg vanoggend geld wat gister ingeneem is getel het om dit vandag te bank toe die rower by ‘n agterdeur ingekom het en die werknemer met ‘n mes gedreig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'