OUDTSHOORN NUSU - Na 'n afwesigheid van 16 weke weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls is die spelers by die Oudtshoorn-rolbalklub weer terug op die baan.
Volgens die klubpresident, Justine Eaglestone, wag Bowls South Africa (BSA) vir 'n regeringsbesluit oor wanneer die klub weer geborgde dae, besigheidsliga-toernooie en ander kompetisies mag aanbied.
Streng veiligheidsmaatreëls soos sosiale afstand, dra van maskers en individuele temperatuurmetings is van toepassing en die spelers kan slegs op vasgestelde tye van die bane gebruik maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'