OUDTSHOORN NUUS - Booswigte het vanoggend, 31 Augustus, teen die vroeë oggendure by die Oudtshoorn-rolbalklub toegeslaan en 'n elektriese kabel van bykans 40 meter gesteel.
Volgens een van die rolbalklub se bestuurslede voorsien dié kabel, wat gekoppel is aan 'n kragopwekker en kragboks, onder andere die spreiligte van elektrisiteit.
'n Navraag is aan die Oudtshoorn-polisie gestuur.
Foto's Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’