KAROO NUUS - Daar heers groot afwagting in Hessequa vir die Riversdal-landbougenootskap se 154ste skou wat van 15 tot 19 Februarie hier plaasvind.
Die skouprogram, wat Vrydag volledig in Suid-Kaap Forum gepubliseer word, is gelaai met allerhande interessante items.
Daar is van perde, beeste (baie verskillende rasse), skape, boerbokke, boerboele, pluimvee, stalletjies, industriële uitstallers, skaaphondvertonings tot ‘n skaapskeerkompetisie en nog vele meer.
Lees meer in susterspublikasie, Suid-Kaap Forum
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'