LEEU-GAMKA NUUS - Die Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê die rioolvuil wat die lewe van inwoners van Leeu-Gamka nou al maande lank onhoudbaar maak, is ’n skande.
Sy lê die skuld hiervoor voor die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit wat halwe werk gedoen het, nie die Nasionale Omgewingsbestuurswetgewing nagekom het nie en ook nie die wetlik voorgeskrewe verkrygingsprosesse gevolg het nie.
Fernandez het die dorpie vroeër in Augustus besoek en vertel hoe dit gebuk gaan onder ’n onhoudbare stank en onhigiëniese toestande.
"Nadat ek daar was, het ek gevoel ek moet gaan bad om die stank van my af te kry," het sy aan Oudtshoorn Courant gesê.
Sy en haar span was weer op 15 Augustus daar.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'