OUDTSHOORN NUUS - Rika Venter (88), bekende inwoner van Oudtshoorn en ook stigter van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue, is vanoggend oorlede.
Volgens haar kleindogter, Angelique Erasmus, het Venter verlede week 'n beroerte gehad.
"Sy het vandaar agteruitgegaan en is Dinsdagoggend rustig in haar slaap oorlede. My oupa, Thinus (94), is presies 'n maand en 'n week terug oorlede," vertel sy.
Volgens haar was haar ouma en oupa 69 jaar getroud.
Lees die volledige berig in Donderdag se Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'