OUDTSHOORN NUUSFLITS - Rhode Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk wat jaarliks die KKNK aanbied, het Maandag haar bedanking aan die direksie van Kunste Onbeperk voorgelê.
Die aankondiging gister is tydens die algemene jaarvergadering van die maatskappy deur Crispin Sonn, voorsitter van die direksie gemaak.
Snyman is reeds die afgelope 25 jaar by die KKNK betrokke.
Sy is die afgelope vier jaar die uitvoerende hoof van Kunste onbeperk.
Volgens Sonn sal Snyman die volgende aantal maande in aanloop tot 2018 se KKNK steeds in diens wees en toesien dat dinge glad verloop.
Snyman het vanoggend die versekering ggee dat sy eers na afloop van die 2018 KKNK uit haar pos sal tree. “Die direksie het in Januarie ‘n belangrike strategiese sessie en alhoewel ek slegs drie maande kennis moet gee het ek gevoel ek moet hulle nou al in kennis stel dat ek bedank sodat hulle dit as deel van die strategiese sessie kan behandel.”
Snyman het ‘n pos in die Oos-Kaap aanvaar waar sy ‘n uitgebreide trust met eiendomme en boerderybelange gaan bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'